Ek het die voorreg gehad om Almal is MAL!, die TikTok-sensasie Mel die Storieverteller se eerste eenvrou-vertoning by die Barnyard Teater, Tygervallei, by te woon. In dié komiese teks vertel Mel van haar ervaringe as ‘n 21-jarige konserwatiewe meise wat in Londen aankom met ‘n platsak budget en sy besef vinnig dat almal eintlik mal is (party steek dit net beter weg as ander).

Mel deel humoristiese staaltjies oor haarself en die drie wesens met wie sy ‘n kamer moes deel, hoekom sy teëls bo matte verkies en die vier vlakke van ‘n huispartytjie. Ons ontmoet ook haar dronk alter-ego, Melissa.
Die grappies is skerp en vinnig op mekaar. Jy kan nié bekostig om jou gedagtes te laat dwaal of vinnig op jou selfoon te loer nie, want dan het jy die draad van die storie verloor.

Die vertoning is nie vir onder 16s nie, en alhoewel sommige dinge bietjie suggestief gestel word en daar niks vulgêrs aan dié opvoering nie.
Ek gee Almal is MAL! ‘n goeie 8 uit 10!! Hoekom net 8? Die vertoning was eenvoudig net te kort!!!
1. Die cliché van alle vrae is seker … Is Mel op die verhoog dieselfde as Mel by die huis?
Mel by die huis is baie rustiger, meer soos in relaxed en hou van stilte. Mel op die verhoog is baie out there en crazy. Sy hou van lawaai en baie praat en loud noices.
2. Die tweede cliché is seker … Wou nog jy altyd stories vertel?
Ek hou nog altyd daarvan om te skryf. Ek het van baie jonk af digbundeltjies geskryf en my eie boekies gemaak waar ek blaaie aan mekaar gestaple het en dan skryf ek ’n gedig of so. Ek het nog altyd geskryf en eers van onlangs af stories begin vertel.
3. Jy het begin met kinderstories skryf … skryf jy steeds kinderstories of het jou mark nou verander?
Ek het so 5 kinderboeke geskryf. Ek weet nie of dit rerig my mark was van die begin af nie. Ek hou maar net van kinderstories. Ek dink ek gaan nou bietjie meer ander tipe goed, boeke skryf. Ek beplan om ‘n versameling dialoë en monoloë te skryf wat kinders kan gebruik om by kunstefeeste op te voer. So dit sal my volgende boek wees. Ek hou van stories skryf vir lees of opvoer.
4. Jy het nou die dag êrens gesê dat jy nou al ongeveer 3 jaar TikTok en dat jou geheim consistency is. Jy is nou besig met jou een-vrou-show wat baie gewild is … is dit die begin van ‘n veel groter droom en wat is daai droom?
Ja, dis lekker om nou van virtual lewe af te beweeg na ’n regte lewe toe. So, ek kan nou uiteindelik op die verhoog optree wat ek mal is oor. Dit is ’n uur of ’n uur en ’n bietjie en mense geniet dit. Dit is deel van ’n groter droom om in dorpe op te tree of in groot teaters op te tree met baie groot gehore. So, ja, definitief op pad na ’n groter droom om ’n baie bekende komediant te wees op groot verhoë.
5. Jy is ‘n beautiful vrou, Mel, tog is daar altyd een of ander man wat iets te sê het oor jou voorkoms / gewig / lyf en ek love hoe jy telkens daarop reageer. Jy is gemaklik in jou lyf (altans dit lyk so) … leef jy body positivity of body neutrality uit en waarom?
Ek dink enige persoon sal nie altyd positief wees oor hulle lyf nie. Ek dink dis redelik onmoontlik. Jy kan nie altyd 100% voel, joe, ek is hot of mooi of so nie. Ons is maar almal mens. Wanneer ek so dink oor myself probeer ek daardie gedagtes eenkant toe stoot. Ek dink dit is belangrik om mense almal oor dieselfde kam te skeer al is hulle groot of klein. Die een het spiere, die een het nie, om iemand nie te oordeel oor hoe hulle lyk nie. Ek probeer nie dat enige iemand se voorkoms my beïnvloed nie. Ek probeer ook om lief te wees vir myself. As mense kommentaar lewer oor my lyf, dan is hulle eintlik hartseer, want hulle wys net dat hulle judgy judgy is.

5 Vinnige vrae waaroor Mel nie te hard moes dink nie …
1. Vakansie – bos of see? See
2. Wyn of bier? Altwee hang af van die okkasie. Bier wanneer ek op ’n budget is en wanneer ek voel die aand gaan lank raak. Wyn wanneer ek lekker wil gesels, diep wil gesels.
3. Wat is sexy – breins of looks? Gelukkig het my boyfriend altwee. Ek dink breins wen op die einde van die dag vir my, want met wat gesels jy? Ons kan baie lekker gesels.
4. Lees of fliek? As ek nie lus is om te fokus nie, fliek. As ek langs die see lê, lees en sonder ’n foon. My foon moet nie naby my wees nie, ’n foon is ’n euwel.
5. Somer of winter? Somer, winter maak my depressed.
VOLG MEL DIE STORIEVERTELLER OP FACEBOOK, TIKTOK EN BESOEK HAAR WEBBLAD VIR MEER INLIGTING