Betroubare familie motorhandelaar – Cape Bakkie Centre sprei vlerke
Na 40-jaar in die bedryf, en ’n derde generasie eienaars, het hierdie bekende motorhandelaar die behoefte raakgesien om meer kwaliteit bakkies aan die plaaslike publiek te verskaf. Vir hierdie groep is die resep tot hulle sukses die toewyding aan die kliënt, hulle gemeenskap en die kwaliteit voertuie wat hulle verskaf. Hulle is ook deel van die groter Auto Investments familie.
“Ons het so gegroei die afgelope jare dat ons genoodsaak was om nog ’n tak oop te maak.” – Edrich Pretorius (Eienaar van Cape Bakkie Centre)
Cape Bakkie Centre spesialiseer in bakkies, SUV’s en kleiner voertuie. Alhoewel die koop van bakkies ’n man thing was, is daar ’n nuwe tendens vir vroue om die bakkie mark te betree. Hy gaan voort deur te sê dat volgens statistiek die Ford Ranger bakkies die grootste verkoper is, maar dat die Toyota Hilux ook ’n gewilde keuse is.
“Ons is geakkrediteer by al die groot banke in Suid-Afrika en bied ook die huur-tot-eienaarskap opsie vir ons kliënte.” – Edrich –
Elkeen van die 24 personeellede by Cape Bakkie Centre is professioneel en staan gereed om elke moontlike kliënt by te staan om sy of haar droom motor of bakkie te koop. Elke lid van die Cape Bakkie Centre span is ingestel om in ’n kompeterende industrie volgehoue goeie kliënte diens te lewer en streef daarna om voort te gaan om uitstaande produkte te verskaf.
Edrich laat val dat daar groot planne vir die toekoms is, maar is versigtig om weg te gee presies wat. Hy voeg egter by dat enige verwikkeling op sosiale media en die pers vrygestel sal word.
By Cape Bakkie Centre is die hele span dit eens – hulle streef daarna om die mees betroubare bakkie handelaar in die motorbedryf te wees en op kliënte diens te fokus: “… om kliënte ’n ervaring te gee wat hulle nooit sal vergeet nie.” – Edrich –
Die nuwe vertoonlokaal is net ’n klipgooi weg van die bekende Cape Bakkie Centre tak, maar die waardes en strewe na kliëntediens bly dieselfde. Edrich sê dat hulle graag in die Wes-Kaap wil uitbrei en ‘n voetspoor wil neerlê om die grootste bakkie handelaar in Kaapstad te wees.
Wanneer dit by die koop van ’n voertuig kom, is daar dikwels onsekerheid. Ons het vir Edrich twee kernvrae gestel:
Bestaan die term ‘voetstoots’ nog wanneer dit kom by die koop van ’n voertuig?
Voetstoots bestaan nie meer nie, hetsy dit ’n handelaar of privaat verkoper is.
Ek is in die mark vir ’n nuwe voertuig, maar het geen idee wat ek wil koop nie – hoe sal jy of een van jou verkoopspersoneel my help?
- Die heel eerste stap is om te bepaal wat die behoefte is – waarna die kliënt soek , watter tipe voertuig en waarvoor die voertuig gebruik gaan word.
- Die volgende stap is om uit te vind of dit kontant of finansiering is en wat die kliënt se begroting is.
- Navrae sluit in – is daar ’n inruil voertuig of is daar ’n deposito betrokke.
- Volgens die inligting kan die verkoopspersoon saam met die kliënt na voertuie kyk, waarna die finansiële- en papierwerk volg.
Edrich plaas ook verder klem daarop dat die kliënt die voertuig moet toets bestuur. Cape Bakkie Centre is nie net ’n betroubare naam in die industrie nie, maar elke kliënt getuig van goeie, professionele diens en ’n uitstaande koop ervaring.
Om deel te raak van die Cape Bakkie Centre familie, besoek gerus:
https://www.facebook.com/capebakkie.newbranch of https://bakkiecentre.co.za/
Annette Havenga – Happening News SA ©