Verlies en dood is universeel, maar elkeen hanteer dit anders. In ‘Geseënd is dié wat treur’ span skrywers saam om die leser van hulle eie ervarings met verlies, rou en die dood te vertel. Die bundel is saamgestel deur Susan Jordaan en geskryf deur geliefde en bekende skrywers.
“Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.” – Matteus 5:4

Tussen die bladsye van hierdie bundel maak die skrywers oop oor diep en seer ervarings. Die bundel word opgedra aan elkeen wat verlies ervaar of ervaar het.
“Die dood is ‘n onwelkome besoeker in ons almal se lewe. Ons almal weet van hom.” –Stephan Joubert Bl.56 –
Skrywers
Die skrywers slu

Die skrywers sluit bekende name soos Jeanette Ferreira, Marzanne Leroux-Van der Boom, Susan Coetzer, Ivor Swartz, Barend Vos en Elsa Winckler in.
Bybelgeloftes
Die laaste vier bladsye van hierdie bundel word gewy aan ‘Bybelgeloftes om jou deur moeilike tye te dra’
Die bundel is nie-fiksie samestelling van hoop en aanmoediging, soos die skrywers dit self ervaar het en, saamstem dat “… met God aan ons kant is ons nie alleen in ons verlies nie.”
“… my hart en my kop het niks gevoel nie. Ek was dood.” – Lizette de Klerk Bl.94 –
‘Geseënd is dié wat treur’ is in 2022 uitgegee en is aanlyn en by toonaangewende boekwinkels beskikbaar.
Lekker-lees groete
Annette
Hierdie artikel is moontlik gemaak deur NB Uitgewers
ISBN: 9780796322838
Epub ISBN: 9780796322975
Uitgewer: Lux Verbi, ‘n druknaam van NB Uitgewers