Boeke-fokus: Sproetebessies en die hart van die Swart Roos

‘n Musiekfees, ‘n eienaardige skoolhoof van ‘n superstar-akademieen ‘n beroemde popster – watter donker geheime kan moontlik hier skuil?
‘n Lekker-lees jeugroman uit die pen van Troula Goosen neem drie tiener meisies na ‘Die Swart-Roos-Akademie’, ‘n eksklusiewe slypskool waar hulle geheime talente ontwikkel word.

Die Swart Roos se donker gange
Milan, Andante en Nova was eens die trio van die bekende ‘Sproetebessie-bende’ en moet weer vining plan maak om ‘Die Swart Roos’ se donker geheim te onthul. Dat iets is nie pluis is nie, is hulle dit eens. Die slypskool is nie wat dit voorgee om te wees nie en hulle besef gou dat hulle nie kan weggaan nie, al wil hulle.
“Maar glo my, die meisie wat daar op die stoel sit, is so dood soos ‘n Dodo, of ons bendenaam is nie Sproetebessies nie.”
Waarom tree die skoolhoof en Tyron die popster so eienaardig op? En waarom het almal skielik ‘n swart roos tatoeër merk? Wanneer een van die ‘Kaalbas Kitare’ se lede skielik huis toe gaan, raak dit die drie meisies se werk om die grillerige waarheid te ontmasker.

Troula Goosen
Hierdie vryskut skrywer is ook die skrywer van ander jeugromans soos: Maanlig Meermin, Raaiselsee, Raaiselklip en Raaiselster.
‘Die Sproetebessies en die hart van die Swart Roos’ is ideaal vir die 12-14 lesers groep en is aanlyn en by toonaangewende boekwinkels beskikbaar.
Dankie aan NB-Uitgewers vir die moontlik maak van Boeke-fokus.

Lekker-lees groete
Annette

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *