Alle sondaars welkom is ’n mengelmoes gedagtes oor God en sy mense wat oor die laaste paar jaar geskryf is deur Jaco Strydom. Hy motiveer lesers om te leer by groot geeste in die verlede en die vreemde wesens wat ronddwaal in die hede; community met ander soekers te ontdek; in verwondering te staan voor die misterie en nuut te kyk na Jesus. Die boek sal jou uitdaag om saam te soek na die wilde waarheid, na geloof te midde van ongeloof, bygeloof, misterie en verwondering.

’n Paar skriffeils staan vir my kop en skouers uit. Ek haal aan …
Iemand sê die lelikste p-woord in Afrikaans is “pretensieus”. Dis jammer maar ons moet erken, die kerk is nie altyd die eerlikste plek op aarde nie. (p. 12)
As dit verkeerd is as hulle dit doen, is dit verkeerd as ons (ek) dit doen. (p. 54)
“Of course I’m out of my mind. It’s dark and scary in there.” (p. 109)
Geluk is ’n nou-of-nooit ding. As jy dit in die oomblik misloop, ontvlug dit jou, en dan word dit iets waarna jy bloot kan uitsien of verlang.(p. 178)
In die hoofstuk Gays en geld en varke … en wat Jesus actually gesê het, skryf hy iemand vra hom eenkeer wat sy siening is oor gays. Hy vra toe die man of hý gay is, waarop hy ongemaklik nee antwoord. Hy vra of iemand na aan hom gay is. Weer sê die man nee. Jaco antwoord toe: “Nou kom ons praat dan eerder oor iets wat jou raak?”
Koop gerus Alle sondaars welkom deur Jaco Strydom. Geniet dit en besef maar net weereens … ons is almal sondaars, selfs die godsdienstiges.
Alle sondaars is welkom is uitgegee deur Lux Verbi en beskikbaar in alle boekwinkels. Indien dit nie op die rak is, vra gerus dat hulle dit vir jou bestel.
Boeke-nuus is moontlik gemaak deur NB Uitgewers