Boeke-nuus: Die Jirre is my Wagter

Die Jirre is my Wagter deur Elias P Nel is uitgegee deur Lux Verbi, ’n druknaam van NB Uitgewers

Psalms en inkele annerlike tekse ytie Bywel yt

In die Voorwoord vra die skrywer dat die taalgebruik nie gesien moet word as ’n snaaksigheid of ag foeitog-taal nie, maar dat die rykheid en vindingrykheid van die manier van sê eerder raakgelees moet word.

Die Psalms is ongetwyfeld een van die mees geliefde boeke in die Bybel. Dit daag uit, aanbid en bevestig God se bemoeienis met die mens. 

Elias P Nel deel in ‘n outentieke stem tekste uit die Psalms en ander Bybelboeke in die taal van sy kinderjare, Boesmanlandse Afrikaans. Hy bevestig God se herderskap in ons lewe. Hy bevestig dat die nie saak maak watter taal jy praat nie, God hoor jou!

Ek het nie net een gunsteling vers hier nie. Ek het sommer baie, maar ek deel graag dié een met julle:

2 Sameel 22:33-35

die Jirre se krag sit soose belt om my lyf
Hy maak my pad g’lyk
Hy sjee vir my’rie voete vanne klipspringer
doer oppie hoog klipperse lop ek veilag rond
Hy brei my hanne lat hulle teen my vyandte kan beklei
my arms so sterk lat ekdie styfste boog ka’ stjiet
die red wat U my gered’t, is soose koel asbosstjêrm
en daar’t ek baie sterk geworre
U’t vir my ’n sterk vastrap gesjee
solat my voete nie swik’ie

Tekste wat oorgeskryf is sluit die Psalms, Spreuke, Lukas, Johannes, Handelinge, Romeine en Openbaring in. 

Boekenuus word gebring in samewerking met NB Uitgewers

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *