Niks kon Kobus voorberei op wat op hom te wagte was nie. Toe die eerste bomme geval het was hy gereed, geld, kos, water, skuiling … So het hy gedink. Die realiteit was een van angs en vrees, hy het gevrees vir sy lewe, die van sy vier-voet kinders en vir die toekoms. Waarheen moes hy vlug? Moes hy vlug? Wat van sy honde?
‘MET MY HONDE’ het my geboei, ek was saam met Kobus op vlug en elke bladsy van die boek het ook vir my die realiteit van oorlog gewys. In sy woonstelblok was hy alleen, net hy en die vier honde-asems by hom. Hy kon nie na ‘n bom skuiling gaan nie, want daar word net twee honde toegelaat. Wie kom saam en wie bly agter?
“Elke liewe ontploffing hoor ek … Ek en die honde sit vas in my woonstel. Binne my weet ek. Ek gaan een of ander tyd ‘n plan moet maak om hier uit te kom. Anders gaan ek hiér doodgaan.” -Kobus Olivier-
Te midde van ontploffings en soldate moes hy die keuse maak om te vlug Dit was geen maklike reis nie hier was hy weer eens met uitdagings en vrese gekonfronteer. Sy liefde vir sy diere, die hulp van vreemdelinge ‘n land aan flarde. Hierdie nie-fiksie verhaal van Kobus Olivier, geskryf saam met Hilda van Dyk is nie net een van hartseer oor die puin van ‘n land nie, maar ook een van deursetting en dryf om te oorleef.
Annette Havenga – Happening News ©
Boeke nuus is in samewerking met NB UITGEWERS
‘MET MY HONDE’ – ISBN: 978-0-624-09394-7
Baie dankie Annette van my en my honde. Ons waardeer jou mooi woorde.