BOEKE-FOKUS: Op die duiwel se spoor

OP DIE DUIWEL SE SPOOR – HOE BEN BOOYSEN DIE KRUGERSDORP MOORDENAARS VASGETREK HET:

Kaptein Ben “Bliksem” Booysen het die Krugersdorp-moorde in 2016 man alleen begin ondersoek. Hy haal koerantvoorblaaie toe hy die baasbrein en haar vyf makkers aankeer.

Sedert 2012 het ‘n groep, wat hulself Electus per Deus genoem het, die Wesrandse dorp Krugersdorp, terroriseer met ‘n reeks grusame moorde. Teen 2016 toe Booysen die saak oorneem was daar nog geen verdagtes in hegtenis geneem nie.

                Ben Booysen – die onwaarskynlike held

Ben Booysen is die seun van ‘n mynwerker en was ewe lief vir die bottel as die vuis.

“Een van die ooggetuies het gesê hy het gedink dat ek dalk onder die invloed van dwelms of iets was …”  – Ben Booysen –

Min mense sou kon dink dat hierdie man juis die een sou wees wat een van Suid-Afrika se grootste moordsake sou oplos. Dit was sy verbete sin vir geregtheid en plig wat hom op die spoor, en uiteindelik, die arrestasie, van die Duiwelsdorp moodenaars gebring het.

“… ek het hom laat ontspan en gewys dat ek hom nie sou aanval nie en ook nie onaangenaam was nie.”  – Ben Booysen –

Ben skryf in Hoofstuk 1 dat hierdie boek nie ‘n gewone storie vertel nie. Dit vertel die storie van ‘n reeks moorde, die mislukte pogings om die moordenaars vas te trek en sý betrokkenheid om uiteindlik die skuldiges voor die Hof te bring.

                Die spookskrywer

Die joernalis, Nicki Gules, se loopbaan het in 1998 afgeskop. Haar dekking van misdaad en kriminele geregtigheid staan veral uit. Sy is tans assistant-redakteur van nuus, ondersoeke en projekte by die Sunday Times.

In sy voorwoord bedank Ben vir Nicki vir haar toewyding om sy storie te vertel. Nicki dra die boek op aan haar man en twee kinders.

OP DIE DUIWEL SE SPOOR is aanlyn en by toonaangewende boekwinkels beskikbaar. Dankie aan NB-Uitgewers vir die samewerking met Boekenuus.

Lekker-lees groete

Annette

Boeke-fokus is moontlik gemaak deur NB Uitgewrs

ISBN: 9781990973468

Epub ISBN: 9781990973475

Uitgewer: Melinda Ferguson Books, ‘n druknaam van NB Uitgewers

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *