Vuurvreter is die tweede boek in die Branderjaer-reeks deur Joha van Dyk. Dit is weereens ‘n uitstekende jeug-boek, alhoewel ek met die eerste een gevoel het dat die tema dalk bietjie bo die vuurmaakplek van ouer tieners is. Na ‘n paar gesprekke met paar ‘n jongmense nadat ek Branderjaer gelees het, het ek besef ons as ouers weet nie altyd alles waaraan ons kinders blootgestel word op ‘n daaglikse basis nie.
In Vuurvreter beplan Malherbe Albertyn, oftewel Vuur, om sy somer in Kransbos te spandeer om die magiese Ylwoud te vind. Desperaat op soek na die antwoorde, na iets buiten die Bloedskuld wat hy en sy bendebroers steeds in die arena betaal. Desperaatheid dryf ook vir Mieke om te waag om haar drome na te jaag. Kan sy ontsnap deur saam met Malherbe in ‘n onvoorspelbare bos te gaan verdwaal? Is Ylwoud die antwoord op Malherbe se suster se verdwyning?
As jy nog nie Branderjaer vir jou kinders gekoop het nie, koop sommer albei boeke. Hulle moet Branderjaer eerste lees om meer in diepte te weet waaroor die Bloekskuld gaan.
Boekenuus word gebring in samewerking met NB Uitgewers.
ISBN: 9780798182829 Epub ISBN: 9780798182836 Uitgewer: Human & Rousseau Datum Vrygestel: Junie 2022 Prys (BTW ingesl.): R 220,00 Formaat: Sagteband, 352pp
Surene Esterhuizen – Happening News SA ©