Boekenuus – Polsslag

POLSSLAG – NOG ‘N SENUTERGENDE KRIMI DEUR MARIE LOTZ

MARIE LOTZ HET HAARSELF AS UITMUNTENDE KRIMINOLOGIE SKRYWER BEWYS MET HAAR DEBUUTROMAN ‘ROOFDIER’ EN STEL OOK GLAD NIE TELEUR MET ‘POLSSLAG’ NIE.

                Drie raaiselagtige moorde, elkeen klokslag om 03:00 vermoor

Heel gepas word die moordernaar die Drieuur-moordenaar gedoop. Hy amputeer een ledemaat en skryf telkens ‘n slagspreuk teen die muur.

                “Hierdie gebou het ‘n spesifieke betekenis in sy lewe.” -Bl.17 Polsslag-

Dit is weereens Speuder-kaptein Alek Strauss, lid van die Fiskale se Spesiale Ondersoekeenheid, aan die stuur van die ondersoek. Alek moet ook sy eie demone beveg terwyl hy alles in die stryd werp om die moordenaar aan te keer voordat sy moordlys nog ‘n slagoffer ryker word.

Doktor Nadie Patel, Alek se kollega, waarsku dat die moordernaar se modus operandi ‘n duidelike waarskuwing is dat nog lewens in gevaar is.

                “Dit klink soos ‘n man met ‘n wrok.” Bl.67 Polsslag-

En wat het ‘n sukkelende juweliersontwerper, ‘n skatryk sakeman en ‘n reeksmoordernaar in gemeen?

                Hede en verlede

Die storie neem jou tussen die hede en maande tevore, waar die twee mekaar dan weer ontmoet en die legkaart in mekaar val.

‘Polsslag’ hou jou gebonde van die proloog af. Die storielyn ontwikkel vining en jy word nie lank in afwagting gehou oor wie die Drieuur-moordernaar is nie. Ten spyte daarvan is daar nog genoeg drama en spanning om jou neus tussen die blaaie te hou. Daar is belis nie een vervelige oomblik in die boek nie. Soms verblind die vanselfsprekenheid jou, maar Marie lei jou gou weer terug na die skuldige se moordlus.

Die feit dat jy vroeg al weet wie die reeksmoordenaar is maak jou eintlik juis meer angstig om te weet hoe lank dit die ondersoekspan gaan neem om agter die waarheid te kom en die knelvrae te antwoord – wie is nog op sy lys en waarom juis hierdie mense?

Polsslag geskryf deur Marie Lotz is aanlyn en by boekwinkels beskikbaar en uitgegee deur Human & Rousseau.

ISBN: 9780798182942

Annette Havenga Happening News ©

In samewerking met NB-Uitgewers

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *