Boekenuus ~ Skatryk: Waarom ons beter leef as ons voorsate

Skatryk: Waarom ons beter leef as ons voorsate
Johan Fourie
ISBN: 9780624093466

Hoekom is ons ryker as ons voorsate? Wat het ’n Indonesiese vulkaan en die Groot Trek gemeen? Hoe wen jy ’n Wêreldbeker? Dit is maar enkele van die vrae wat die gewilde Rapport-rubriekskrywer Johan Fourie onderhoudend verken in hierdie heerlik leesbare reis deur die geskiedenis. Hoekom floreer een groep, maar ’n ander bly ’n sukkelbestaan voer? Fourie wys waarom die bouers van ’n samelewing – eerder as dié wat afbreek – uiteindelik seëvier.

Johan Fourie is internasionaal-gerekende professor in ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch. Met ‘Skatryk – waarom ons beter leef as ons voorsate’ – verken Fourie vrae wat strek van migrasie uit Afrika 100 000 jaar gelede tot vandag. Dit is ‘n boeiende en verrassende reis deur die geskiedenis wat wys hoe welvaart geskep en uitgebou kan word en laat beslis ‘n indruk op die leser. Die boek lees lekker en het beloof om jou te verras met nuttige sowel as interessante en belangrike leesgenot,

“Al word daar steeds gedebatteer oor die presiese redes vir die grensboere se Groot Trek, weet ons wel dat hulle teen die 1830’s reeds die gebied anderkant die Oranjerivier verken het …. Teen 1836 het etlike honderde setlaarsfamilies hul plase verlaat …” – Skatryk deur Johan Fourie Bl.98.

Boekenuus word in samewerking met NB Uitgewers moontlik gemaak.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *