Brood & Botter van Nic van Wyk

Brood & Botter van Nic van Wyk – ‘n klassieke kookboek van kosmaak en basiese kookmetodes:

Die Kokkedoor-beoordelaar Nic van Wyk, se onopgesmukte kookboek, Brood & Botter neem selfs die mees onervare kok op ‘n reis van onthou-kos met maklike resepte tot tipiese, moeiliker, restaurant disse en Nic reken dat elke kok baat sal vind uit Brood & Botter. Die boek vier Nic se 21 jaar in die koswêreld en hy deel ook talle hoogtepunte uit sy loopbaan. Min mense weet dat hy ook klub-krieket in Engeland gespeel het.

“In essence is al my kook maklik en eenvoudig en onervare kokke sal ook Brood en Botter se resepte kan gebruik. Ek dink van die resepte is definitief maklik en jy behoort meeste van die bestandele in die huis te hê.” -Nic-

Hy sê voorts dat die boek juis geskryf sodat meer mense geïnspireerd kan raak om te kook. Die resepte is maklik en die pragtige kleurfoto’s is ‘n ware weerspieëling van die lekkerte wat die kok kan opdis. Die boek is in drie dele verdeel:

* Onthoukos * Restaurantkos * Hartskos *

Nic vind dit moeilik om ‘n gunsteling resep uit te sonder, maar hy sal graag wil hê mense moet die ‘Mostert Afval’ resep probeer. ‘n Ander gunsteling en beslis ‘n resep wat die hartsnare sal raak, is – Ouma se boontjiesop en mieliepap met botter, suiker en melk.

“Dit is nie jou tradisionele kerrie afval nie. Selfs nie-afval eters mag dalk net na ‘n bakkie daarvan convert en begin afval eet. Hierdie is beslis ‘n resep om te probeer.” -Nic-

Die titel van die boek mag dalk die Banters se wenkbroue laat lig. Nic skerts dat enige iets: “… in moderation …” nie verkeerd is nie. Daar is wel baie mense wat nie brood kan eet nie en hy probeer altyd aan almal se voorkeure in sy restaurant voldoen.

“Die boek is nie geskryf vir mense met sekere kos voorkeure nie. Dit is geskryf vir mense wat hou van kos.” -Nic-

Nic is betrokke by twee restaurante en gaan vir eers net konsentreer op kos maak. Nic gesels dat daar ‘n besige seisoen ophande is: “… net tyd agter die stoof  vir nou.” Hy gee weg dat die boek ‘n inspirasie was om weer so iets aan te pak en dat daar reeds idees is vir ‘n volgende boek. Hy hoop dat daar ‘n TV-geleentheid mag opduik.

Brood & Botter deur Nic van Wyk is aanlyn of by toonaangewende boekwinkels beskikbaar.

ISBN: 9780798183253

Annette Havenga – Happening News SA  ©

Boeke-nuus: In samewerking met NB-Uitgewers

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *