Carryn-Ann Nel ontbytoggend

95% – Is dit al? – van mense, veral vroue, is nie gelukkig met hulself nie. Van hul gewig tot voorkoms is daar baie wat knaag en pla.

            Is die samelewing skuldig?

In ‘n samelewing obsessief met voorkoms, raak dit ook ons eie fokus. Die waarheid is dat ons so vasgevang raak in wat ander mense van ons dink, dat óns eerder die vyand raak. Die samelewing mag dalk die saadjie plant, maar die eie ek is die een wat daardie saadjie voer en toelaat om sy wortels diep in ons selfbeeld te anker.

            ‘Body shaming’

Body shaming is real – dit sluip soms onopsigtelik in. “Kyk hoe wys my muffin-top in die hemp.” Klink dit bekend? Ons kritiseer onsself so maklik. Hoe kan ons dan van die samelewing verwag om dit nie te doen nie?

            Die pad na aanvaarding

Aanvaarding kom nie vanself nie. Dit verg fokus, ‘n doelbewuste besluit en ‘n tribe om jou by te staan.

‘n Negatiewe kommentaar oor haar lyf het Carryn-Ann Nel op ‘n reis na aanvaarding geneem. Op 11 Junie sal Carryn-Ann tydens ‘n ontbyt by Koffi Terapi (Willowbridge Kaapstad) haar reis van body shaming to body positivity deel.

Vir Happening News sal ek daar wees om haar storie ook met jou te deel. Daar mag dalkies ook ‘n kort video beskikbaar wees. Watch this space!

Positiewe groete

Annette

You need to add a widget, row, or prebuilt layout before you’ll see anything here. 🙂

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *