Die goeie pa: aangebied deur The Drama Factory

Drama 60mins
Erika Marais / Regie deur Paul Du Toit / Written by Gail Louw, vertaling deur Paul du Toit / Presented by Unlikely Productions / Klankontwerp: Jahn Beukes

PG 16

Book Now

Physical Address: The Drama Factory, 10 Comprop Sq, Henry Vos Close, Asla Business Park, Strand, Western Cape, South Africa
Contact Number: 073 215 2290

Tue 28th Jun 7:30pm • Wed 29th Jun 3:30pm • Wed 29th Jun 7:30pm • Thu 30th Jun 7:30pm • Fri 1st Jul 7:30pm • Sat 2nd Jul 3:30pm • Sat 2nd Jul 7:30pm • Sun 3rd Jul 4pm
‘n Gelukkige familie. ‘n Goeie Pa. ‘n Donker geheim. Almal het gedink hulle was ‘n lieflike gesin. Maar agter toegetrekte gordyne skuil donker geheime. Die toneelstuk verken die psigologiesie uitwerking van mishandeling op drie vrouens: Susan, die Ma, se ontkenning; Karla, die tweelingsuster, se skuld en jaloesie; en Diaan se Stockholm sindroom.
Hierdie solo opvoering neem die gehoor op ‘n reis van teater betowering met gebruik van ‘n enkele rekwisiet, asemrowende beligtings-ontwerp en ‘n byna ongelooflike storie. Dis ‘n verhaal van oorlewing, verlossing en oorwinning. 

Die vervaardigers van THE UNLIKELY SECRET AGENT wat 8 Fleur Du Cap nominasies ontvang het, bied aan die Suid-Afrikaanse première van DIE GOEIE PA. 

Met Erika Marais wat pas ‘n nominasie ontvang het vir beste aktrise vir haar vertolking van Eleanor Kasrils.

Vertaling en regie deur Paul Du Toit (Wenner – Beste Regiseur 2022).

DIE GOEIE PA is gebaseer op die toneel stuk van die geprysde Britse dramaturg Gail Louw, THE GOOD DAD, en volg op twee hoogs suksesvolle speel vlakke  in London. Moenie hierdie treffende drama misloop nie.  ‘n Roerende verhaal van oorlewing, verlossing en oorwinning. DIE GOEIE PA – daar skuil iets in elke huis.

Terugvoering vir Die Goeie Pa:
“An incredibly powerful but gentle telling of a devastating story. An important piece of theatre.”
“Dit sny diep! Uitstekende produksie en soos altyd is Paul du Toit se regie prysenswaardig! Geluk Erika Marais, jy was betowerend.”
“Powerfully directed and powerfully acted, with no over the top – the understated discipline of the work makes it a masterpiece, very compelling.”
Photos: Jeremeo Le Cordeur

Inligting en foto’s verskaf deur The Drama Factory

Book Now

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *