DN Hope of Inspiration Ontbyt Oggend

MAATSKAPLIKE PROBLEME SOOS ONTOEREIKENDE OUERSKAP, SUBSTANSIE MISBRUIK, ARMOEDE, DOELBEWUSTE VERWAARLOSING EN MISHANDELING LAAT KINDERS DIE SLAGOFFERS VAN TRAUMA. DN HOPE OF INSPIRATION NOOI JOU UIT NA ‘N ONTBYT OM KINDERS SE MAATSKAPLIKE WELSYN EN SORG TE HELP VERSTERK.

Suid-Afrika gaan gebukkend onder ‘n werkloosheidsyfer van 34.5%  Dit is veral kinders wat lei onder die maatskaplike probleme wat daarmee gepaard gaan. Vir Badisa Trio is dit belangrik om deur middel van ‘n Kinderbeskermings- en Assesserings program, hulself daarop toe te spits om juis hierdie kwesbare kinders te help.

‘n Stem vir die kinders

Badisa Trio is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat hoofsaaklik na die welsyn en beskerming van kinders in die Noordelike Voorstede van Kaapstad omsien. Trauma-behandeling is dikwels nodig en kinderassessering gee vir hierdie kinders ‘n stem. Deur middel van kinderassessering kan die maatskaplike werkers van Badisa Trio die Hof help om ‘n aanbeveling te maak wat in die kind se beste belang is.

Ontbyt vir fondse

Vir Diane Nel, stigter en eienaar van DN Hope of Inspiration is die glansontbyt ‘n geleentheid om fondse te help genereer en bewuskmaking te bewerkstellig.

“Badisa maak op die gemeenskap staat om te help deur middel van skenkings. Ek wil graag help en ‘n verskil maak.” -Diane-

Die ontbyt beloof om ‘n oggend van vermaak en lekker kuier te wees. Die bekende Afrikaanse kunstenaar Warren Elliot sal gaste vermaak met musiek en sy getuienis. Diane sê Warren was onmiddelik bereid om te help toe sy hom nader om as kunstenaar op te tree. Tanya de Kock, Mrs Face of Grace Garments 2022 tree as gasspreker op. Ook 2021 se Mnr Suid Afika 2de Prins, Anton Siebert, sal die geleentheid bywoon.

Maak ‘n verskil terwyl jy saam kuier

Diane Nel is ‘n Ambassadeur vir Badisa en  verskeie handelsname en hierdie ma van drie beskou haarself as “… ‘n doodgewone vrou wat graag wil help en ander wil inspireer om dieselfde te doen.”

Diane nooi mense uit om kaartjies te bespreek en die oggend saam te geniet terwyl nuwe kenisse gemaak word. Die oggend beloof om gesellig te wees terwyl jou teenwoordigheid ‘n verskil maak.

“Broodjies, tee, ‘n Engelse ontbyt en sjampanje sal bedien word. ‘n Geskenk vir elke persoon en ‘n oggend van lekker kuier.” -Diane-

Diane prys die borge vir hulle onbaatsugtige betrokkenheid en sê dat almal dadelik bereid was om te help en te ondersteun.

“… die kunstenaar, fotograaf, ontwerper, dekor, geleentheids-beplanner, kontant donasies, geskenke …” -Diane-

Aleit Swanepoel se leemte

Die geleentheid kom nie sonder ‘n hartseer naslag nie. Die bekende TV-persoonlikheid, Aleit Swanepoel, sou aanvanklik as spreker opgetree het. Sy skielike afsterwe was vir Diane, soos baie Suid-Afrikaners, ‘n groot skok. Aleit was ook ‘n vriend van Diane. Diane sê sy afwesigheid laat ‘n groot leemte en sy wil graag die funksie aan hom opdra.

“Aleit, dit is vir jou. Jou passie smeer af op ‘n mens. Ek het ‘n goeie vriend verloor en jy word gemis.” -Diane-

Vir besprekings of meer inligting kontak Diane per e-pos of besoek haar webtuiste:

Diane nooi ook enige belangstellendes om haar te kontak sou hulle as borge aan boord wou kom.

Kom-ons-help groete

Annette

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *