As een van Suid-Afrika se voorste leierskap- en bestuurspan-afrigters, het Johan Beukes naam gemaak met sy unieke benadering en metodes om leiers, spanne en organisasies te verbeter. Hy sien dit as sy lewensdoel om “suksesvolle mense – veral leiers, spanne en organisasies – by te staan op hulle reis om hulle lewensdoel te identifiseer en ’n verskil te maak”.
Sy onblusbare behoefte om mense te help, voortdurende soeke na vernuwing en meer as twee dekades se ondervinding agter hom het aanleiding gegee tot sy grensverskuiwende 8-beweging-model-ontwerp om mense te bemagtig om ’n betekenisvolle impak op die wêreld te hê. Hierdie model is daarop gemik om mense toe te rus om ’n holistiese en beter lewe te kan leef in familie, besigheid, spanne, huwelike en as entrepreneurs. Hiermee help hy nie net leiers en hulle spanne om uitbranding te voorkom nie, maar ook om deur middel van spesiale nalatenskap-inisiatiewe positiwiteit te verhoog te midde van verandering en diversiteit. Die 8-beweging-model is uniek en hy is besig om ’n reuse-impak op mense landswyd hiermee te maak.
Johan gesels oor hoe hy en sy gesin die Kersseisoen ervaar.
Wanneer begin julle Kers-versierings opsit?
“Ons begin al reeds teen die einde van November ons klein kersboompie versier.”
Wat beteken die feesseisoen vir julle en hoe vier julle Kersfees?
“Dit is vir ons ‘n spesiale seisoen van pret, rus en verhoudings bou!”
Wie is meer opgewonde oor Kersfees in die familie?
“Die opgewondenheid is tasbaar in die hele gesin.”
Wat is hierdie jaar in elke lid se Kersfeeskous?
“Dit is ‘n geheim … liefde en vreugde!”
Wat maak julle gewoonlik vir Kersfees en wie sluit aan by die feestelikheid?
“Dit is altyd ‘n groot feestelikheid. Vriende, familie en enige iemand wat saam wil kuier. Vleise, slaaie en heerlikste nageregte … ons eet gewoondelik vir ‘n paar dae nog aan die oorskiet. (Ons familie hou glad nie daarvan as kos gemors word nie.) Luister na sielvolle musiek.
Trek julle unieke Kersfees-klere aan?
“Nee, my skoonpa het wel al verskeie kere die Kersvader pak met trots gedra … dit lyk elke keer asof hy dit baie geniet.”
Trek jy ‘n Kersvader pak aan?
“Nee dankie!”
Het julle enige spesifieke Kersfees tradisies wat ALTYD gevolg moet word?
“Baie eenvoudige, maar betekenisvolle tradisie: Ons lees die Kersverhaal en sing Stille Nag, waarna ons geskende deel en gesellig saam kuier.”
Gaan julle op vakansie tydens die feestyd en wat is jul gunsteling vakansieplek?
“Vir die afgelope 40+ jaar gaan ons Morgansbaai toe. Hemels en verskriklike mooi herinneringe!”
Waar woon julle tans en waar sal julle eendag wil aftree?
“Ons woon tans in die Wes-Kaap en ek het geen plan om ooit af te tree nie.”
Wat maak jou gelukkig en wat maak jou kwaad?
“Betekenisvolle verhoudinge maak my gelukkig en aangeleerde hulpeloosheid tesame met onnodige onbevoegdheid maak my bitter kwaad.”
Waarmee is jy tans besig en wat hou 2023 vir jou in?
“Leierskap en span afrigting in verskeie maatskappye. Ontwikkeling van leierskap en span inhoud (Boek/Videos’/Podcasts ens.)
Enige raad aan mense oor hoe om voor en oor die feestyd kalmte te ervaar te midde van baie mense wat uitdagings in die gesig staar?
“Gee aandag aan die mense wat by jou teenwoordig is. Reflekteer oor dit wat vir jou belangrik is. Geniet die klein onbenullige dingetjies in jou lewe. Kyk die realiteit van jou lewe in die oë en kyk of ‘n volgende stap vir jou duidelik raak.”
Sy leuse is nie verniet: “You need to open up and show up!” nie en hy sê voorts:
“Om jou gawe te ontdek en uit te leef sal die beste investering wees wat jy in jou eie lewe maak.”
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook – Instagram – LinkedIn – Webwerf –
Bron: Starburst Promotions