kykNET bring Marita van der Vyfer se Dinge van ’n kind na jou TV-skerm
Marita van der Vyfer se boek Die dinge van ‘n kind begin op 10 Mei om 20:00 as ‘n 10-episode reeks op kykNET (DSTv-kanaal).
Nes die boek, spreek die reeks kwessies soos ontwakende seksualiteit en politieke bewustheid aan.
Kykers sal in die reeks vir Mart Vermaak ontmoet. Mart se grootwordjare vind plaas teen die politiese agtergrond van die ontstuimige laat 1970’s. Haar worsteling, nie net as tiener, maar ook as ouer vrou word ontbloot.
Stephen Bouwer skryf in sy resensie:
“Deur die traumas van vroeë swangerskap, dwelms en selfmoord in haar vriendekring leer sy hoeveel guts dit kos om te lewe en te bly glo. Veral te midde van grootskaalse politieke leuens en die verminking, fisiek én geestelik, van jong man in die grensoorlog.”
Die reeks speel af in drie tydvakke – 1975/76, 1992 en nou. Vervaardiger Scharl van der Merwe van Nagvlug Films verduidelik die rede vir dié besluit:
“… was om ’n reeks vir ’n wyer gehoor te maak. Een vir oud en jonk en iets nuut vir mense wat reeds die boek gelees het.”.
Die rolverdeling
Die rolverdeling sluit nuwelinge soos Melissa Myburgh en Mienke Ehlers in, asook veterane soos Susanne Beyers, Kim Syster en André Roothman.
Die reeks se drie regisseurs, Zandré Coetzer, Quentin Krog en Tinarie van Wyk Loots was aan stuur van sake met die kameraregisseur Marius de Nyssche om eenvormigheid in die vertelstyl te behou. Elanie Rupping was die mede-skrywer van die reeks saam met Henriëtta Gryffenberg om die boek in ‘n reeks te omskep.
Is kykers reg vir die reeks wat grense verskuif?
Toe die boek in 1994 verskyn het, het dit heelwat rimpelings veroorsaak en die reeks beloof om ook die spreekwoordelike olifant in die vertrek aan te spreek. Die reeks, soos die boek, raak kwessies soos ontwakende seksualiteit en politieke bewustheid aan.
Die verhaal speel in die 1970’s af, maar is steeds relevant in vandag se tye. Dit vang temas van tienerskap, hormone en grootwordjare, asook vriendskap vas.
Marita van der Vyfer
Van der Vyver is entoesiasties oor die TV-reeks:
“My boeke is al voorheen in toneelstukke en rolprente verander, maar dis die eerste keer dat een van my romans ’n TV-reeks word. Ek voel so opgewonde soos enige eerste keer selfs ’n ou skrywer soos ek kan laat voel.”
Dinsdag 10 Mei
Dinge van ‘n kind begin Dinsdag 10 Mei 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks sal ook op DStv Catch Up beskikbaar wees.
Tv-groete
Annette
Bron: kykNET persverklaring & foto