Rut & Boas ‘n Liefdesverhaal deur Barend Vos
Een van die oudste liefdesverhale
Die liefdesverhaal van Rut en Boas is een van mooiste Bybelse liefdesverhale. In hierdie bundel herskep Vos die dialoog en skep ‘n moderne, onthoubare liefdesverhaal.
“Waar u gaan, sal ek gaan, en waar u bly, sal ek bly. U volk is my volk, u God is my God” (Rut 1:16).
Die jong weduwee, Rut, volg haar skoonmoeder, Naomi, ook ‘n weduwee na Bethlehem. Naomi wil teruggaan na Bethlehem, waar sy vandaan kom, maar vind haar ou woonhuis en grond is beset deur Boas en sy moeder Ragab.
‘n Bybel verhaal in die moderne tyd
Die verhaal is duidelik herkenbaar in die moderne tyd waar dit kwessies soos oordeel teenoor vreemdelinge en afstand tussen mense aanraak. Dit is juis Ragab se nie-ongeskonde verlede wat haar laat deernis toon teenoor die prostitute buite Bethlehem se poort en hulle voed. Oor alles heen waak die oudstes met hulle eie agendas, dikwels selfverryking of onregmatige bevoordeling.
Die skrywer
Die skrywer, Barend Vos, is ‘n bekendes Christen-skrywer en predikant. Hy is ook die wenner van die CBSA- en Andrew Murray-prys. Hy is ook bekroon met ‘n ATKV-veertjie vir een van sy LIG-stories.
Rut & Boas – ‘n Liefdesverhaal is beskikbaar by toonaangewende boekwinkels en aanlyn.
Lekker-lees groete
Annette
Op my bedkassie word moontlik gemaak deur NB Uitgewers.