BEN STEYN IS AL VIR MEER AS DRIE JAAR IN DIE BEDRYF AS ‘BEN THE HANDYMAN’ EN BIED ‘N VERSKEIDENHEID VAN DIENSTE OM JOU DOEN-DIT-JOUSELF TAKE TE VERGEMAKLIK.
![](https://happeningnews.co.za/wp-content/uploads/2022/07/Ben-The-Handyman-banner-746x1024.jpg)
Die keuse van ‘n nutsman behoort bepaal te word deur die nutsman se verwysings, bewys van vorige werk en bekostigbaarheid. Die algemene gevoel is om van die dienste van ‘n nutsman gebruik te maak wat deur vriende, bure of kollegas verwys word.
Wanneer jy ‘Ben The Handyman’ kontak kan jy verseker wees dat hierdie span al die boksies vul.
Met ‘n span van drie mense bied ‘Ben The Handyman’ ‘n professionele en persoonlike diens aan die Wes Kaap, in en om die groter Kaapstad area.
Ben en sy span spesialiseer in die bedryf van verf en tree felling, maar is ook beskikbaar vir ‘n verskeidenheid van ander take soos teëlwerk, hoëdruk skoonmaakdienste, elektriese installasies en vuilgoed verwydering.
“… basies alles behalwe houtwerk.” -Ben-
Ben gaan voort om te sê dat hy ‘n goeie verwysings netwerk het vir enige take wat buite sy veld van kennis is.
Die proses vandat die voornemende kliënt hom kontak tot die diens se lewering, is ‘n eenvoudige een wat beide party verseker van makimum tevredenheid. Ben voorsien die voornemende kliënt binne 3 dae van ‘n kwotasie. Nadat die kwotasie aanvaar is, verwag hy betaling of ‘n bank oorplasing nadat die werk afgehandel is. Ben sê hy verwag wel betaling na aflewering van materiaal wanneer die materiaal kostes meer as R2000 beloop.
Vir meer inligting of om ‘n kwotasie te verkry, kontak Ben: Tel. 0828506166 of e-pos bensteyn08@gmail.com
Annette Havenga – Happening News ©