Spoorloos S4

SPOORLOOS IS TERUG VIR ’N VIERDE SEISOEN MET BOBBY VAN JAARSVELDT AS EEN VAN DIE HOOFKARAKTERS.

Soos met die vorige Spoorloos-seisoene beloof die vierde seisoen met die titel Spoorloos: Die eiland, om kykers vasgenael te hou vir kyk genot propvol drama en intrige. Met ’n rolverdeling soos Bobby van Jaarsveldt, Armand Aucamp, Ilse Klink, Brendon Daniels en Marisa Drumondt, steek hierdie vierde seisoen ook glad nie af by sy voorgangers nie.

Nuut op die drama front is Bobby van Jaarsveldt en Bobby sê hy geniet die dramatiese rolle baie en laat val dat die publiek kan uitsien na meer van hom in drama reekse.

“Drama is verseker ’n splinternuwe genre vir my en dit was iets besonders om so diep en real te kan speel.” -Bobby-

Stefan Claassen se geheime

Stefan Claassen, vertolk deur Bobby van Jaarsveldt, is op ’n missie om sy argiteksfirma van ondergang te red. Hy help ’n gestrande vrou langs die pad. Wanneer die gestrande vrou iemand uit sy verlede is krap dit ou wonde oop. Sy verdwyn binne enkele ure na hulle herontmoeting en Stefan was die laaste persoon met wie sy in aanraking was voor haar verdwyning.

Stefan word gedompel in ’n situasie waarin hy homself net dieper begrawe. Die polisie se ondersoek bring Stefan se eie verlede onder die soeklig, iets wat ook nie sy saak as hoofverdagte bevoordeel nie. Terwyl Stefan hand en tand baklei en antwoorde soek om sy onskuld te bewys, verdiep die raaisel verder.

Bobby sê Stefan is ‘n goeie ou wat ook maar “… foute gemaak het en dinge gedoen het waaroor hy spyt is.” Soos meeste van ons het Stefan maar ook ’n geheim of twee,

“Die karakter word gejaag deur ’n donker geheim of twee, maar hy hanteer dit op die beste manier wat hy kan.” -Bobby-

            Fiktiewe eiland

Spoorloos: Die eiland speel af op ’n fiktiewe eiland vol geheime. ’n Interessante versameling van karakters met bedenklike motiewe, sal die kyker aan die raai en wonder hou.

Ilse van Hemert se produksiehuis, Ochre Media (verantwoordelik vir die M-Net-trefferreeks Lioness), is weer aan die stuur van sake, met Ilse as hoofskrywer en na-produksievervaardiger en Christo Davids en Francois Coetzee as regisseurs.

            Spoorloos: Die eiliand Dinsdag 19 Julie

Die eerste van dié agt episode seisoen begin op Dinsdag 19 Julie op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Volg die skakel vir die lokprente en hier

Bronne: kykNET persverklaring en Bobby van Jaarsveldt

Annette Havenga – Happening News ©

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *