Teleurstellende foto’s was haar motivering

PROMOSIE ARTIKEL

VIR ELMARIE DU PREEZ WAS TELEURSTELLENDE FOTO’S ’N MOTIVERING OM SELF DIE KAMERA OP TE TEL EN AAN DIE ANDER KANT VAN DIE LENS IN TE BEWEEG.

Kaapstad fotograaf, Elmarie du Preez, se kreatiewe oog was nog altyd die een agter die foto nemery en sy wou die lekker van mik en druk verder vat. Elmarie sê: “… foto’s inspireer my en ek wil die beste oomblike vasvang vir ’n mooi herinnering.”

                Teleurstellende foto’s

Selfs die mees kamera-sku persoon kan ’n goeie foto van hom- of haarself waardeer. Elmarie het keer op keer ’n bloutjie geloop met kamera werk wat maar net nie die verlangde beeld reflekteer het nie. Elmarie sê dat ’n foto die oomblik vasvang en wanneer‘n slegte foto al is wat oorbly, kan dit selfs die herinnering bederf.

“Ek hou van natuurlike foto’s, om die beste kant van mense en die lekker van die oomblik vas te vang. Vir my is ’n foto soos ’n ‘pause’ knoppie van die lewe. Wie wil staar na ’n beeld wat nie die waarheid van daardie oomblik kan vertel nie?” -Elmarie-

Elmarie sê sy beweeg graag in die agtergrond rond met haar kamera om daardie ‘behind the scenes’ oomblikke vas te vang en dat dit altyd ’n lekker verrassing is vir die onbewuste model. Daarom is dit vir haar lekker om met geleenthede tussen die gaste of sprekers rond te beweeg en sodoende ook die oomblikke vas te vang wat ander dalk gemis het.

                Altyd op haar tone

Elmarie erken dat sy op haar tone gehou word deur die spanning van ’n hordes dinge wat verkeerd kan gaan en sy beklemtoon hoe belangrik haar voorbereiding en die nagaan van haar metodes en toerusting is.

                “Ek moet voorbreid wees op elke “wat as” sodat niks my onverhoeds vang nie.” -Elmarie-

Elmarie gaan voort om te sê dat dit vir haar belangrik is om nie haar senuwees en vrees die oorhand te laat kry en sodoende haar kreatiwiteit te blokkeer nie.

                Fotografie, nie sonder ’n skoot van negatiewe punte nie

Vir baie mag dit lekker lyk om met ’n kamera rond te stap, te mik en druk en te hoop alles werk goed saam.

“Jy moet werk wanneer ander partytjie hou. Dan is fotografie duur en jy moet kompeteer met elkeen met ’n kamera. Soms weeg prys meer as kwaliteit en jy moet maar hard werk om jou eie werk uniek te hou en kop en skouers bo ander te laat uitstaan.” -Elmarie-

Elmarie sê sy behoort aan ’n fotografie klub en bly op datum met nuwe tegnieke wat beligting, posering en toerusting betref. Sy neem graag deel aan fotokompetisies en die terugvoer wat sy daarop kry wend sy voortdurend aan om haar werk na ’n volgende vlak te bring.

Elmarie vertel trots dat sy ook werk aan ’n uitstalling saam met haar fotografie klub, wat teen einde van die jaar sal plaasvind. Vir haar is die fotografie klub ’n belangrike aspek van haar werk as fotograaf aangesien die terugvoer op jou werk van waarde is en jou voortuigang daarop steun. Die uitstalling is ook ‘’n wonderlike geleentheid om jou werk, vermoë en nis ten toon te stil.

Dienste

Vir hierdie fotograaf is die kliënt se gemak belangrik en sy bied ook alternatiewe dienste soos druk werk en ontwerp. Ook hier druk sy haar kreatiewe stempel af en bied ’n verskeidenheid van druk moontlikhede aan.

Besoek gerus Elmarie se sosiale blaaie of webtuiste:

ELMARIE DU PREEZ PHOTOGRAPHY – FACEBOOK XPEDITIOUS – FACEBOOK EXPEDITIOUS – WEBBLAD

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *