VAN CRASH EN YO-YO DIEET TOT 46KG LIGTER

Wanneer jy met ekstra rolletjies sukkel, is jy seker ook  bekend met die nuutste dieet-foefie, kitsoplossing of die kyk hoe smelt die vet weg-belofte. Jy het seker ook al vir jouself, keer op keer, die belofte gemaak: “… hierdie keer ..”

Vir die 23-jarige Gene Taljaard was dit ook nie anders nie.

                “Ek het die afgelope dekade lank ‘fad diets’ gevolg.” -Gene-

Vir Gene was dit ‘n stryd om nie te kan kies en keur watter klere sy wil koop en dra nie. Sy het permanent ongemaklik gevoel en was: “… eerlikwaar net moeg daarvoor om heeldag aan kos te dink en bo dit alles was ek moeg  vir my eie verskonings oor en oor.”

In Februarie 2022 het sy op ‘n reis gegaan, een waarop sy steeds is en volg, maar erken dat sy ook maar ‘af-dae’ ervaar.

“Ek is nie altyd gemotiveerd nie en dit is menslik om af dae te hê, maar ek het ‘n ongelooflike ondersteunings groep, my mense, hulle dra my deur die af dae en om hulle trots te maak is motiverend. Ek sukkel na ‘n jaar nog steeds om vroeg op te staan vir oefen, so as ek drie tot vier keer die week gimnasium toe gegaan het, is dit ‘n goeie week vir my.” – Gene-

Gene sê voorts dat dit ook motiverend is om te voel hoe jou klere al losser sit en weet jy kan klere kies, en nie beperk is tot dit wat in jou grootte beskikbaar is nie.

Die vraag is natuurlik – volg sy ‘n dieet?

“Nee, ek doen glad nie. Ek eet net in ‘n kalorie ‘deficit’, dus eet ek minder kalories as wat my liggaam verbrand. Ek eet alle kosse, selfs sjokolade, solank dit in my daaglikse kalorie ‘budget’ pas. Ek maak wel seker dat ek genoeg proteïene ook inkry.” – Gene –

Mense, veral vroue, nader gereeld vir Gene om raad te vra in die hoop dat sy ‘n wonderkuur of kitsoplossing gevind het. Dit is wanneer Gene die raad gee dat jy iets moet vind wat vir jou oor die langtermyn volhoubaar is, dit wat vir jou as individu werk. Gene het intussen ook begin met Calorie Deficit Coaching waar sy, teen ‘n klein fooi, ander help om die program te volg of selfs net raad te gee.

“As jy nie van die gym hou nie, gaan stap of sluit aan by ‘n dans klas. As jy van stysel hou, moenie ‘Banting’ doen nie, kyk dan eerder daarna om kalorieë te tel. Jy het dan meer vryheid het in terme van kosse. As jy hou van roetine, kry vir jou ‘n vaste eetplan. Iets wat ek vir absoluut almal sal voorstel, maak nie saak watse eet of oefen program hulle volg nie, is om genoeg water te drink en genoeg slaap in te kry, elke dag.” – Gene –

Vir Gene was een van die grootse gewigsverlies foefies wat sy verkeerd bewys het, die feit dat jy stysel en suiker moet uitsny om gewig te verloor. Sy plaas egter die klem daarop dat dit in haar kalorie telling vir die dag tel.

“Ek eet elke dag van my lewe stysel en ek het ‘n vreeslike soettand, so ek eet gereeld lekkergoed wat suiker bevat.” – Gene –

Vir Gene gaan dit oor balans ~ “… mens dink jy het vandag so min geëet, net twee stukkies pizza en drie beskuitjies, maar dit is hoë kalorie kosse. Dit maak jou ook nie vol nie.” – Gene –

Vir Gene werk dit om meer gereeld, maar minder op ‘n slag te eet en sy bly in haar kalorie deficit budget. Sy gesels voorts dat sy ‘n hoe aptyt het en soms tot vyf keer ‘n dag sal eet, en soms drie groter etes. Sy plaas weer eens die klem daarop dat sy binne haar daaglikse kalorie begroting bly.

                “Maaltyd tye en porsies is nie so belangrik soos die totale daaglikse kalorie inname nie.” – Gene –

Om te begroot is duidelik nie net vir die finansiële deel van ons lewens nie en kan heel moontlik net die maklikste manier wees om, sonder om suiker en stysel uit te sny, die pad na ‘n ligter jy wees.

Kontak gerus vir Gene vir meer inligting, raad of om haar program te volg. Haar e-pos adres is: genevangent22@gmail.com

Sosiale media skakels: Instagram Tik Tok

Annette Havenga – Happening News ©

1 thought on “VAN CRASH EN YO-YO DIEET TOT 46KG LIGTER”

  1. Fantasties! Die wereld moet bewus gemaak word van hierdie volhoubare manier van gesonder leef en die selfvertroue en en respek wat kom met dit! Well done Gene!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *