Vier Jeugdag met boeke

16 Junie is Jeugdag in Suid-Afrika en alhoewel Jeugdag ingestel is ter nagedatenis aan die 1976-opstand in Soweto toe leerders in opstand gekom het teen die regering se besluit dat Afrikaans en Engels as onderrigtaal in die destydse “Bantoe-onderwys” gebruik moes word, word jeugdag nou deur alle jeug van Suid-Afrika gevier!

Vroeër was die onderwysdepartemente van die verskillende provinsies nie so eenvormig soos vandag nie. Destyds sou die taalbeleid slegs in die Noord-Transvaalse gebied toegepas word en nie regdeur die Republiek nie.

Ander besware waarteen die leerders in 1976 in opstand gekom het, was die swak toestand van die skole en die tekort aan handboeke.

Vandag se jongmense het ook talle uitdagings, maar hulle geniet beslis baie meer voorregte waarvoor die jeugdiges van 1976 die weg gebaan het.

Kyk jy vandag na wat aangebied word vir die Suid-Afrikaanse jeug, is daar steeds baie tekortkominge: baie jeugdiges tussen die ouderdomme van 18 en 25 is werkloos, baie het steeds nie die voorreg om te studeer nie a.g.v. beperkte fondse, MIV/Vigs-pandemie laat steeds baie jeugdiges haweloos en daar is steeds tienduisende huishoudings op straat wat deur kinders bestuur word.

Maar ten spyte van die negatiewe prentjie wat daarbuite is, is daar reeds heelwat verbeteringe in dit wat beskibaar is vir ons jeug. En terwyl ek nou ‘n boeke-mens is, wil ek graag die beskikbare boeke vir jongmense met julle deel oor taalgrense heen.

Vandag fokus ek bietjie op jeugboeke vir die die ouderdomme 12 – 14 jaar, 14+jaar, 15+ jaar en jong volwassenes 17+ jaar … ek hoop julle vind ook soos ek dat die verskeidenheid leesstof wat beskikbaar is vir ons jeug wat groter is as toe ons kinders was. Ek, ‘n 50-plusser, lees graag jeugboeke!

TITEL: Die Rietrotte weet te veel (6) OUTEUR: Nerine Ahlers GENRE: Jeugfiksie (Graad 6 tot 8 seuns) UITGEWER: Protea Boekhuis

Daniël-hulle kan dit amper nie glo nie: Hulle word genooi vir ’n naweek in Johannesburg deur Antonie se ma. Maar ’n cool video wat hulle neem van motorfietse wat agterin ’n meubelwa inry, veroorsaak dat hulle met die verkeerde mense deurmekaar raak. Die Rietrotte weet te veel en dinge raak vinnig gevaarlik vir hulle …  

Besoek gerus die Protea-Boekhuis webtuiste vir hulle katalogus

TITLE: Imali yezipoki AUTHOR: Sandile Ngwenya GENRE: Youth (14+ years) AWARD: SANLAM PRIZE Gold for Youth Litherature 2021 PUBLISHER: Tafelberg

The story of Sgegede who, with the help of a witchdoctor, digs up his late grandfather’s buried treasure of Kruger rands. He underhandedly converts them to cash with the help of  some clever IT friends, but his family’s sudden wealth raises eyebrows in the community, and Sgedede is consumed by a guilty conscience.  His luck runs out when it emerges his grandfather might be involved in the murder of his new girlfriend’s father. Meanwhile some old “friends” turn up, also in search of the coins…

TITLE: The Swim Team AUTHOR: Catherine Jarvis GENRE: Youth (14+ years) AWARD: SANLAM PRIZE Gold for Youth Litherature 2021 PUBLISHER: Tafelberg

When sixteen-year-old Khetiwe is given a swimming scholarship to a Johannesburg private school, she bumps up against Farrah, the swimming captain. As “the poor girl”, Khetiwe is already struggling to fit in, but Farrah sets out to make her life unbearable. When the two girls clash over Aidan – Farrah’s ex-boyfriend – Farrah becomes even more unhinged. The constant bullying is starting to seriously affect Khetiwe, but when she tries to defend herself, things turn out even worse …

TITLE: Tata sikuxolele AUTHOR: Tembissile Kundlwana GENRE: Youth (14+ years) AWARD: SANLAM PRIZE Gold for Youth Litherature 2019 PUBLISHER: Tafelberg

Twins Silinda and Sinekusasa go to live with their uncle and his family after the passing of their mother. They are treated like slaves and decide to travel to find their father. When he turns them away, Mrs Jali adopts them  and puts them though school. The focus of this story is the abuse of orphans by their relatives. It is also a motivational story that illustrates how working hard and being resilient can help one to succeed. 

TITEL: Skadujagter OUTEUR: Dihanna Taute GENRE: Jeug (14+ jaar) UITGEWER: Tafelberg

Die 17-jarige Heibrandt bevind homself in ‘n vreemde skool, waar hy konstant deur streng sekuriteit gemonitor word. In groep-terapie sessies word hy aangemoedig om sy lewensverhaal te deel. Geleidelik ontvou die nagmerrieverhaal van hoe hy hier beland het met ‘n verband om sy kop. In hierdie sielkundige riller word die grense tussen die werklikheid en hallusinasie getoets terwyl ons saam met Heibrandt die ontrafeling van sy psige beleef.

“Chimera – ’n monster in jou kop. Wie luister? Hoor hoe hy jou gedagtes fop.
Is dinge anders as wat jy kan onthou? Omdat die monster reeds aan jou memories kou?
Voor die meester jou analyze, doen dit self en vat hom by surprise.
Anders is jou dokter, soos myne, ook ene Fitzpatrick, en sit jy, nes ek, ook in Psychiatric!”
– Skadujagter

TITEL: Skeur OUTEUR: Carel van Rooyen GENRE: Jeug (14+ jaar) UITGEWER: Human & Rousseau

Dis nie asof Maria elke dag oor die toekoms droom nie; sy het egter altyd gedink hulle het darem een. Maar die lewe is ’n veldbrand wat alles vernietig. Dit maak nie altyd sin nie. Soos haar pa wat te vroeg weg is. Of hoe meneer Voster haar laat voel. En nou is die verlede al wat daar is. Hulle voorspel die Nightshifts gaan alles vernietig. Vrydag 21 Julie is dalk die laaste dag. Die dag waarop Luan haar nooi na ’n kuier by sy huis saam met die skool se gewildste kinders. Maar ken sy enige van hulle werklik? Ken sy haarself? Onder die regte omstandighede kan enigiemand gevaarlik wees. 

TITEL: Sproetebessies en die hart van die Swart Roos OUTEUR: Troula Goosen GENRE: Jeug (12 – 14 jaar) UITGEWER: Human & Rousseau

Milan, Andante en Nova gaan na ’n musiekfees om die beroemde popster, Tyrion, te sien optree, maar daar wag ’n groter avontuur . . . Milan beland op die verhoog saam met die Kaalbas Kitare en uit die bloute ontvang hulle ’n uitnodiging om ’n slypskool by te woon by ’n eksklusiewe superster-akademie. Maar daar skuil ’n donker geheim op Die Swart Roos en die drie van hulle moet vinnig plan maak – net soos toe hulle eens die bekende Sproetebessie-bende was. Lees ‘n uittreksel

TITEL: Vlerke vir almal OUTEUR: Marion Erskine GENRE: Jeug (14+ jaar) UITGEWER: Human & Rousseau

Sewentienjarige Dewald se ouers stuur hom na ’n nuwe skool ná sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en dis nie maklik om ’n tiener te wees met ‘n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind; om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl hy reeds ’n vyand gemaak het van een van die grootste boelies in die skool.

Vind gerus nog meer voorstelle vir boeke onder hierdie skakels by NB Uitgewers: 12 – 14 jaar en 14+ jaar

TITEL: Die Alfa van Alfaville OUTEUR: Theresa van Baalen GENRE: Jeug (11+ jaar) UITGEWER: LAPA Uitgewers

Rikus moet by sy oom Jake gaan kuier die vakansie. Hy sien nie juis uit nie, maar ten minste het sy oom ’n cool werkswinkel waar hy karre regmaak. Iets maak egter nie heeltemal sin nie – waarheen verdwyn sy oom sommige aande? Rikus en sy vriend besluit om hom te agtervolg …
Wat volg is ’n avontuur met ’n wit Spider Alfa Romeo, ’n beste vriend en ’n Russies-Afrikaanse ingenieur – ’n storie so aksiebelaai soos die jongste Marvel-fliek!

TITEL: Poppie Viool en die Swartwoud-arende OUTEUR: Jan Vermeulen GENRE: Jeug (11+ jaar) UITGEWER: LAPA Uitgewers

Poppie Viljoen is op pad na die Swartwoud Kinderhuis toe nadat eers haar ouma en toe haar oupa oorlede is. Sy is alleen. En al wat sy oorhet, is ’n viool wat al lank in die familie is. Van die oomblik dat sy by die kinderhuis aankom, hoor sy die gerugte oor spinnekoppe wat so groot is soos katte en oor die mensvreter-arende … Poppie steur haar nie veel daaraan nie tot sy een aand voorgestel word aan professor Mancini, ’n pratende portret. Hy is eintlik ’n musiekonderwyser. Hy lei Poppie om te ontdek dat haar viool baie spesiaal is … en dat die musiek van haar viool die krag het om mensvreter-arende se harte te verander sodat hulle uiteindelik weer mense word. Hierdie boeiende storie word pragtig vertel deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen. Die storie van Poppie Viool sal lesers herinner aan die krag van musiek en liefde!

TITEL: Vrydag is ek verlief OUTEUR: Cecilia Steyn GENRE: Jeug (15+ jaar) UITGEWER: LAPA Uitgewers

Ella Olivia is ’n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae. Na ’n belaglike insident waarin sy ’n meme geword het (natuurlik op ’n Vrydag), is haar laaste minuut aanvaarding by Kovsies om medies te studeer ’n nuwe begin vir haar. Maar na nóg ’n belaglike verwarring, bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Con Trubleau, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband Vuurvreter, se fake meisie wees. Hierdie is só nie deel van haar plan nie.

TITEL: Elikser OUTEUR: Frenette van Wyk GENRE: Jong Volwassenes (17+ jaar) UITGEWER: LAPA Uitgewers

Lily Linvelt se enigste missie is om ’n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet ’n elikser maak om haar ma te red wat ’n paar maande gelede deur ’n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is. Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ’n natuurbewaarder en -kenner en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan. Sy ontdek ’n geheim oor Sterling wat die wind uit haar seile neem en ’n bonatuurlike wêreld vir haar oopsluit, een wat sy gedink het net in fantasieë bestaan. Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het boonop hulle eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan haar en Sterling teë om betyds die elikser vir haar ma te maak …

Gaan besoek gerus LAPA se webtuiste vir meer voorstelle van hulle Kinder- en Jeugboeke!

Mag ons nooit ooit vergeet dat ons jeug die toekoms van ons land is nie!!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *